Maak alle grensoorgange oop

Amerika is gekant teen ‘n resolusie van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies wat ‘n onmiddelike skietstilstand in Gaza eis, asook ‘n einde aan Israel se militêre optrede in Rafah. Hy sê dit resolusie is nie van veel hulp nie. Algerië, wat Arabiese lande verteenwoordig, het die resolusie opgestel na noodsamesprekings oor die Israel-optrede. Die konsepresolusie eis die opening van alle grensoorgange en humanitêre toegang tot Gaza. Amerika se adjunk-ambassadeur, Robert Wood, sê gevegte moet eers opgeskort word.