Ma van ‘duine-kind’ verskyn weer

Die moeder van ‘n 16-maande-oue dogtertjie wat in die duine langs die pad vanaf Walvisbaai na Swakopmund gevind is, sal weer vandag in die hof verskyn. Die 24-jarige Wilhelmina Ndapewa Abed het haar eerste verskyning op 29 April gemaak en is borg geweier. Sy is by ‘n shebeen in Kuisebmond opgespoor waar sy kapana verkoop het na haar kind gevind is. Sy was warm aangetrek en met ‘n kombers toegedraai, met drie doeke daarby toe sy in die duine gevind is.