Ma, skuldig aan moord van haar 4 kinders, begenadig

’n Australiese vrou wat vir 20 jaar in die tronk was weens die dood van haar vier kinders, is vanoggend deur die staat Nieu-Suid-Wallis begenadig nadat ’n geregtelike hersiening bevind het daar was redelike twyfel oor die oorspronklike skuldigbevindings. Kathleen Folbigg is in 2003 skuldig bevind aan die moord op haar drie kinders en manslag op haar vierde. Folbigg het haar onskuld voorgehou en gesê die kinders is aan natuurlike oorsake dood. ‘n Ondersoek gelei deur voormalige hoofregter Thomas Bathurst het bevind dat twee van die kinders ‘n genetiese mutasie gehad het wat hul dood kon veroorsaak het. Folbigg sal vrygelaat word maar, haar skuldigbevindings word nie omgekeer nie.