Ma onttrek aan siviele saak teen Mariental-boer    

Een van die ouers van wyle Hendrina Mupolo van Mariental, wat glo deur die boer Johan Meyer in Mei verlede jaar raakgery is, het van die siviele saak onttrek. Hendrina se ma, Annemarie !Auchmus, het haar siviele regsgeding teen Meyer teruggetrek. Hendrina se pa, Elias Mupolo, eis steeds meer as 10 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding van Meyer. Partye het in Januarie vergader vir bemiddeling en het vanoggend weer in die Windhoekse hoërhof verskyn. Meyer het na bewering die nege-jarige Hendrina op sy Hardap-plot met sy bakkie raakgery. Sy het later in die hospitaal op Mariental aan haar beserings beswyk.