Ma, 20, vermoor na bewering haar pasgebore baba

Die polisie in Tutaleni buite Walvisbaai het te doen gekry met ‘n ma wat na bewering haar pasgebore baba om die lewe gebring het. Daar word beweer dat ‘n 20-jarige vrou aan ‘n babaseuntjie geboorte geskenk het, en hom versmoor het deur sy gesig met ‘n lap toe te bind. Die verdagte is gearresteer en is tans onder polisiebewaking in ‘n hospitaal vir mediese behandeling. Die lyk van die baba is na die polisie se lykshuis geneem vir ‘n lykskouing. Sodra die verdagte ontslaan word, sal sy aangekla word en voor die hof verskyn. Die ondersoek duur voort.