M23 val Goma aan met ‘n vuurpyl

’n Vuurpyl het naby ’n universiteit in die Kongolese stad Goma geland terwyl duisende burgerlikes gevlug het voor ’n nuwe opmars deur M23-rebelle wat dreig om die stad van sowat twee miljoen mense te isoleer. Daar was geen slagoffers in die ontploffing nie. Die M23 het in 2022 ‘n groot offensief van stapel gestuur, wat gelei het tot militêre ingryping en bemiddelingspogings deur Oos-Afrikaanse streekleiers. Hulle het verlede jaar ‘n wapenstilstand bemiddel, maar dit is herhaaldelik oortree.