M23 neem strategiese dorpie in DRK oor

Die Rwandese-gesteunde M23 het beheer oor ‘n strategiese dorp in die Demokratiese Republiek van die Kongo se ooste geneem. Die dorp Kanyabayonga lê aan die noordelike front van die konflik in die Noord-Kivu-provinsie, wat sedert 2021 deur geweld geruk is toe die M23-rebelle hulle gewapende veldtog in die streek hervat het. Die dorp is die tuiste van meer as 60 000 mense en tienduisende mense het die afgelope maande daarheen gevlug, na hulle uit hul huise verdryf deur die opmars van die rebelle.