M-pokke is onder beheer in SA
Die Departement van Gesondheid bevestig die jongste uitbreking van M-pokke is onder beheer met 22 gevalle wat sedert die begin van die uitbreking aangemeld is. Dit sluit in 16 wat herstel het, drie sterftes en drie aktiewe gevalle. Woordvoerder Foster Mohale sê die publiek word aangeraai om mediese sorg te kry indien simptome ervaar word, samekomste te vermy en met gesondheidsbeamptes saam te werk vir kontakopsporing om verdere oordrag te voorkom: