M-pokke in Afrika op pad na gesondheidsnoodsituasie-status

Die Afrika-sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming wil M-pokke tot gesondheidsnoodsituasie op die vasteland verklaar. Die uitbreking in die Demokratiese Republiek van die Kongo – die ergste wat nog ooit aangeteken is – het na nóg vier lande versprei. Meer as 14 000 gevalle is in die gebied aangemeld, waarvan die meeste onder kinders. Honderde mense is reeds dood. Die direkteur-generaal van die sentrum, Jean Kaseya, sê hulle het dringend tien-miljoen dosisse entstof nodig, maar die koste van meer as duisend rand per dosis is ‘n struikelblok.