M-pokke: 15 het herstel

Die departement van Gesondheid sê 15 M-pokkepasiënte het herstel, met vyf wat weens ernstige komplikasies in die hospitaal opgeneem is. Vier nuwe gevalle is in Gauteng en KwaZulu-Natal bevestig. Dit bring die totaal sedert die uitbreking in Mei op 20 gevalle en drie sterftes te staan . Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê uitbrekingsreaksiespanne is geaktiveer, en ‘n nuwe besending M-pokkemedikasie word binnekort verwag: