Lynregters sal nie weer by Wimbledon gebruik word nie

Die einde van ‘n era breek volgende jaar op Wimbledon aan wanneer al 300 lynregters na 147 jaar met ‘n elektroniese stelsel vervang word. Die All England Club het bevestig al 18 wedstrydbane gaan toegerus word met outomatiese elektroniese lyn-uitroepe, bekend as ELC. Dit is dieselfde stelsel wat die Amerikaanse Ope in New York sedert 2020 gebruik. Daar word verwag dat Wimbledon se Hawk-Eye-stelsel waarmee spelers lynregters se beslissings uitdaag, uitfaseer sal word.