Lynministerie verduidelik vertraging in toelaagverhogings

Die ministerie van armoede uitwissing het aangekondig dat die ontvangers van oumens-toelaes, gestremdheid-toelaes en toelaes vir gestremde kinders, eers in Augustus verhoogde toelaes sal kry. Dit is uiters laat omdat die verhoging normaalweg vroeër intree maar president Nangolo Mbumba het baie gereis en eers laat die begroting bekragtig. Die woordvoerder van die lynministerie wat die toelaes hanteer Lukas Haufiku verduidelik die vertraging.

Die betaling sal terug-dateer word tot April en sal dus 800 Namibiese dollar beloop vir die maande April tot Julie. Die totale uitbetaling, saam met die verhoogde toelaag van 1 600 dollar, sal dus 2 400 dollar wees.