Lyles is gunsteling vir Olimpiese naelloop-dubbel by Spele

Olimpiese Spele: Noah Lyles is die gunsteling om die naelloop-dubbel in Parys te wen. Die Amerikaanse wêreldkampioen het die naweek op die Diamantliga-byeenkoms in Londen die 100-meter gewen in ‘n persoonlike beste tyd van 9,81-sekondes, met Akani Simbine van Suid-Afrika tweede. Lyles het verlede jaar in Boedapest goud gewen in die 100- en die 200-meter op die wêreldkampioenskap, en sê hy kan nie wag vir die Spele nie.