Lyk nie of komitee besware oor onderwyswetsontwerp in ag neem nie

AfriForum sê daar is steeds geen aanduiding dat die parlementêre komitee vir Basiese Onderwys besware oor klousule vyf en ses van die Wetsontwerp op Basiese Onderwyswette ernstig in ag neem nie. Die klousules hou verband met beheerliggame se reg om die finale besluit te neem oor hulle skool se taal- en toelatingsbeleid. Die komitee het gister die wysigings aanvaar waarop dit ooreengekom het en die wetsontwerp is nou ‘n stap nader om wet te word. Alana Bailey van AfriForum sê hulle berei voor vir regsoptrede indien die klousules nie geskrap word nie: