Luukse leefstyl van Keniaanse wetgewers het onluste aangevuur

Videos op X en TikTok van wetgewers se luukse motors, privaat helikopters en hope kontant het volgens berigte woede onder Keniaanse jeug aangevuur wat gelei het tot die ontbinding van die land se kabinet die week. Meer as driekwart van Kenia se bevolking is jonk en of arm of werkloos. Die protesaksies het op 25 Junie ‘n brandpunt bereik en die parlement is bestorm en brand gesteek. Nou word TikTok en X as protesinstrumente gebruik. Politici se video’s word geredigeer en weer geplaas met negatiewe kommentaar.