Lutombi sê oor teerpad tussen Walvis en Maltahöhe

Die Paaie-owerheid van Namibië het Tulipamwe Consulting Engineers aangestel om die konsultasiedienste te verrig vir die ontwerp en tenderdokumentasie vir die opgradering van hoofpaaie 36 en 31 vanaf Walvisbaai na Maltahöhe via Solitaire, na bitumenstandaard. Enviro Management Consultants Namibia is aangestel om die omgewingsimpakstudie uit te voer en ‘n omgewingsbestuursplan asook omgewingsregulasies vir die projek te ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Paaie-owerheid se uitvoerende hoof, dr. Conrad Lutombi, wat sê die besonderhede moet eers afgehandel word, dan sal hulle die regering nader vir befondsing.