Lusikisiki-verdagte is uit op parool
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig hy gaan borgtog teenstaan vir die paroolganger wat aangekla word van die massamoord in Lusikisiki in die Oos-Kaap. Siphosoxolo Myeketha staan tereg op 18 aanklagte van moord en een van die onwettige besig van ‘n vuurwapen. Die NVG se streekswoordvoerder, Luxolo Tyali, sê hy het vandag in die plaaslike Landdroshof verskyn en die saak is tot Dinsdag uitgestel vir verdere profiel-samestelling en ‘n verslag oor sy parool-status: