Lusikisiki: Sleutel verdagtes geïdentifiseer

Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het bevestig ‘n persoon word ondervra in verband met verlede week se massa-skietvoorval in Lusikisiki in die Oos-Kaap. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar speurders probeer vasstel of daar voldoende bewyse is om die persoon in hegtenis te neem. Masemola het vertroue uitgespreek dat mense binnekort aangekeer gaan word omdat die polisie sleutel-verdagtes identifiseer het: