Lula sê ryk lande moet armer lande help om omgewing te bewaar

Geïndustrialiseerde lande moet ontwikkelende lande vergoed vir hul pogings om die omgewing te bewaar. Die is die mening van die Brasiliaanse President Luiz Inacio Lula da Silva. In sy mening moet ryk nasies verstaan dat hulle ‘n skuld het om te betaal vir die vrystelling van uitlaatgasse en dit kan gedoen word deur finansiële bystand om veral woude te bewaar. Brasilië, Latyns-Amerika se grootste ekonomie, is die tuiste van 60 persent van die Amasone-oerwoud en die land beoog om teen 2030 ontbossing in die Amasone heeltemal te staak na die afgelope jare se benutting onder oudpresident Jair Bolsonaro.