Lukashenko sê Belarus wil Afrika-bande uitbrei na Zim besoek

Belarus se President Alexander Lukashenko het sy besoek aan Zimbabwe voltooi. Daar word berig dat Belarus, ‘n Russiese bondgenoot poog om sy Afrika-invloed uit te brei. Lukashenko sê sy land bied wetenskap en tegnologie, sowel as vrede, aan Afrika-lande. Hy sê die styl van samewerking is nie soos kolonialisme nie. Die doelwit is om Afrika te ontwikkel. Volgens inligting van die Wêreldbank is Belarus een van Europa se armste lande.