Lugvaartkenner sê oor erns van vervalste permitte
Namibia Base Aviation en Antje Nauhaus word gedagvaar deur Golden Game van Mariental vir net meer as 6,7 miljoen Namibiese dollar na die noodlottige helikopter-ongeluk verlede jaar op Swakopmund. Die Robinson 44 helikopter het aan Golden Game behoort en neergestort tydens ‘n toetsvlug en is op die bedrag gewaardeer. Die wildhandelaar beweer Nauhaus het die nodige permit en registrasie-sertifikaat vir die helikopter vervals. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die lugvaartkenner dr. Guy Leitch, wat die erns van die saak beklemtoon.