Lughawensmaatskappy kondig tariewe aan

Die Namibiese Lughawens-maatskappy het sy nuwe tariewe aangekondig wat vanaf 1 April 2023 tot 31 Maart 2024 in werking tree. Die heffings sal geld by die lughawens en vliegvelde onder die maatskappy se bestuur en beheer. Dit sluit in die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, asook die lughawens van Eros in Windhoek, Walvisbaai, Keetmanshoop, Lüderitz, Andimba Toivo ya Toivo op Ondangwa, Rundu en Katima Mulilo. Dan Kamati kommunikasie- en bemarkingsbeampte by die maatskappy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die tariewe is in konsultasie met belanghebbendes aangepas.