Lughawe-passasiers vertoon steeds goed
Namibië het in Junie 88 091 passasiers by sy lughawens hanteer, volgens die jongste data van die Namibië Statistieke-agentskap. Dit is ‘n effense afname vanaf die 93 041 passasiers wat in Mei aangeteken is, maar ‘n toename in vergelyking met die 79 187 passasiers in Junie 2023. Hosea Kutako Internasionale Lughawe het 80,7 persent van alle passasiersverkeer aangeteken, gevolg deur die Walvisbaai-lughawe met 8,5 persent en Eros-lughawe met 6,8 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dan Kamati, die woordvoerder van die Namibiese Lughawensmaatskappy, oor die jongste syfers.