Luggehalte kan nie reg gemeet word nie

Die DA sê hy is geskok oor die departement van die Omgewing se onthullings oor die treurige toestand waarin Suid-Afrika se luggehalte-moniteringsnetwerk verkeer. Van die 130 regeringsbeheerde luggehalte-moniteringstasies regdeur die land, is 21 stasies heeltemal buite werking, terwyl 84 wel werk, maar nie voldoende data rapporteer nie. Dit laat slegs 25 operasionele stasies wat data voldoende rapporteer kragtens nasionale regulasies. Hannah Shameema Winkler van die DA sê, dit is ’n duidelike oortreding van die Wet op Luggehalte.