Lugebesoedeling maak meer jaarliks dood as Covid-pandemie in totaal
Toenemende lugbesoedeling en loodvergiftiging het wêreldwye sterftes sedert 2015 op ‘n geraamde 9 miljoen per jaar te staan gebring. Volgens ‘n span wetenskaplikes het lugbesoedeling deur bedryfsprosesse tesame met verstedeliking ‘n toename van 7 persent in besoedelingverwante sterftes van 2015 tot 2019 veroorsaak. Richard Fuller, hoof van Pure Earth en deel van die navorsingspan sê anders as klimaatsverandering, malaria of MIV, ontvang besoedeling nie genoeg aandag nie. Besoedeling is tans op gelyke voet met rook in terme van wêreldwye sterftes en maak meer mense per jaar dood as die 6,7 miljoen wat Covid tot dusver veroorsaak het