Lugdiensvereniging van Suider-Afrika beaam reisverbod was ‘n oorhaastige besluit

Die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika, AASA, is bekommerd oor verskeie regerings se aankondiging dat hulle Namibië, Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe, Lesotho en Eswatini weer op hul “rooilys” van lande sal plaas waarheen hulle ernstige reisbeperkings en kwarantyn oplê. Voor die rooilys-aankondigings vandag, was daar voorspel dat langafstandverkeer na en van Suider-Afrika na 2019-vlakke teen 2025 sou terugkeer. Linden Birns, woordvoerder van die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika, sê ook aan Kosmos 94.1 Nuus dit was ‘n oorhaastige besluit.