Lugbesoedeling verhoog risiko vir onvrugbaarheid

ʼn Amerikaanse studie het bevind blootstelling aan algemene lugbesoedelaars soos organiese koolstof en fynstof kan onvrugbaarheid verhoog. Een-duisend-400 individue wat met in vitro-bevrugting besig is, is by die navorsing betrek oor die uitwerking van besoedeling op mans en vroue. Daar’s bevind besoedelingstowwe, veral van voertuie en veldbrande, beïnvloed vrugbaarheidsyfers negatief. Die navorsers sê blootstelling moet verminder en lugfiltreerstelsels gebruik word, veral tydens belangrike stadiums van bevrugting.