Lufthansa wil staak
Lufthansa se nuwe kajuitbemanning-vakbond, LHAG.DE, vra sy lede om Dinsdag en Woensdag te staak by Lufthansa en die kortafstand redery CityLine om aan te dring op groter salarisse. Die vakbond sê die staking, waarvoor die lede gestem het, sal vertrekke van Frankfurt se lughawe af Dinsdag raak en vertrekke van München, Woensdag. Lufthansa beraam omtrent 100 000 passasiers sal waarskynlik ontwrig word. Die personeel van Lufthansa eis ‘n loonverhoging van 15-persent te midde van waarskuwings deur die redery van ‘n swak ekonomiese vooruitsig vir 2024.