Lufthansa weier om vrag met Paragon te vervoer

Volgens wat berig word het Lufthansa alle vragvervoer na Europa vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe opgeskort. Daar word beweer dat die redery weier om met Paragon se beamptes te werk voor hy hulle nie self opgelei het nie. Paragon het amptelik vandag oorgeneem na Menzies Aviation sy appèl in die hooggeregshof verloor het. Ethiopian Airlines vervoer wel vrag maar, die volumes is baie klein. Kosmos 94.1 Nuus het met Fritz Kaufmann, bestuurder van besigheidsontwikkeling by Transword Cargo gepraat en sê vis-uitvoere staan stil.

Invoere vanaf Europa is ook gestaak.