Lufthansa gaan nuwe vlug van Suid-Afrika na München instel

Europa se tweede grootste lugredery, Lufthansa, gaan in Junie volgende jaar ‘n nuwe lang-afstandvlug van Suid-Afrika na München in Duitsland instel wat 25 weeklikse verbindings en ‘n dag-vlug bied. Passassiers kry toegang tot 130 internasionale bestemmings, insluitend Europa, Amerika, Asië en die Midde-Ooste. Business Tech berig die uitbreiding sluit aan by daaglikse dienste na Frankfurt en Zurich. München se lughawe, met sy vyf-ster-diens, is die poort tot Beiere se florerende sake-landskap en tegnologie-bedryf.