Lüderitz reageer deursigtig en eerlik oor NamPower uitdagings
Die Lüderitz-dorpsraad het deursigtig en eerlik gereageer op sy insluiting op NamPower se dokument in verband met uitstaande skuld en beurtkrag wat vanaf 5 Junie toegepas sal word. Die maatskappy sê hy word meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld. Terwyl ander dorpsrade wankommunikasie en vorige bedelings blameer sê Lüderitz se woordvoerder Elwin !Gaoseb sê inwoners moet geen kommer hê nie. Die skuld sal afbetaal word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.