Lüderitz maak plan met aan-af elektrisiteit

Lüderitz is onder toenemende druk oor betroubare energievoorsiening. Plaaslike media berig dat inwoners en besighede oor gereelde kragonderbrekings kla. Die krag-onderbrekings lê sake-bedrywe en produksie in fabrieke lam. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Phil Balhao, die burgemeester van Lüderitz, oor hul planne om die netwerk te stabiliseer.