Lüderitz-lughawe se verkeer groei uitstekend

Die Namibiese Lughawensmaatskappy sê verkeer by sy Lüderitz-lughawe het skerp toegeneem. Dit is veral met die toename in eksplorasie en natuurlik die groen-waterstofprojekte. Van ‘n gemiddeld van 400 passasiers maandeliks kom daar vanaf Maart ongeveer 1 420 maandeliks aan. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskappy se woordvoerder Dan Kamati gesels.