Lüderitz Kreeffees begin vandag

Die Lüderitz Kreeffees begin vandag. Lüderitz het gebuk gegaan onder die Covid-inperkings veral omdat die hawedorp ver afgeleë is en staatmaak op toerisme. Die fees is ook tydens die hoogte van die pandemie afgeskaf maar, dit is ‘n belangrike geleentheid op die dorp se kalender en bring broodnodige inkomste vir die dorp, sowel as moontlike beleggers. Die goewerneur van die Karas-streek, Aletha Frederick, het pas die openingseremonie toegespreek.