Lüderitz-dorpsraad reageer op sanitasie-eise
Inwoners van Area 7 informele nedersetting in Lüderitz eis beter sanitasiegeriewe van die dorpsraad. Hulle beweer dat van die 200 openbare toilette wat meer as ‘n dekade gelede gebou is, slegs 80 nog in werking is, en dié is in ‘n swak toestand. Kosmos 94.1 Nuus het met die skakelbeampte van die Lüderitz-dorpsraad Elwin Gaoseb gepraat. Hy sê daar is oplossings wat in plek gestel word.