Lüderitz-burgemeester opgewonde oor olie- en gaskonferensie

Die tweede uitgawe van die Namibië Olie- en Gaskonferensie het in Windhoek afgeskop en duur tot Donderdag. Phil Balhao, die burgermeester van Lüderitz, gaan een van die sprekers wees wat konferensiegangers sal toespreek. Die konferensie word aangebied deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië, in vennootskap met die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, en die Hanns Seidel-stigting. Kosmos 94.1 Nuus het met Balhao gepraat, wat meer inligting gee oor sy deelname.