“Lucky nie bitter”

Die voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspoorvereniging van Suid-Afrika, Lucky Montana, sê bewerings deur sommige ANC-lede dat hy bitter is, is heeltemal ongegrond. Montana het voor die staatskapingskommissie in Johannesburg getuig en ‘n aantal senior ANC-lede betrek. Hy beskuldig president Cyril Ramaphosa daarvan dat hy die kommissie mislei het toe hy vrae oor staatsondernemings beantwoord het. Montana hou vol dat die Angolese sakevrou, Maria Gomes, en haar man betrokke was by fondsinsameling vir die regerende party.