Lucasfilm dagvaar Star Wash motorwassery in Chili

Die Walt Disney produksiemaatskappy Lucasfilm dagvaar ‘n tema-motorwassery aan die buitewyke van die Chileense hoofstad Santiago vir plagiaat van sy multimiljard-dollar film- en televisiesage Star Wars. Die plek se naam is Star Wash, in presies dieselfde skrif as Star Wars. Star Wash het video’s op sosiale media gedeel wat wys hoe motorwassers, geklee as karakters soos Chewbacca of ‘n Stormtrooper, motors was. Darth Vader gebruik ook in een van die video’s die ‘force’ om waslappe op te roep. Lucasfilm probeer verhoed dat Star Wash in Chili as handelsmerk geregistreer word. Star Wash het verdediging aangeteken.