Lubri-A in buurland herroep

Die buurland se Departement van Gesondheid loof die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se besluit om Lubri-A te herroep, wat vermoedelik met ‘n swam besmet is. Die steriele smeerjellie word in mediese prosedures gebruik. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê hulle werk saam met hul vennote om te verseker die produk word onmiddellik herroep. Hoewel daar geen sterftes aangemeld is nie, kan die voortgesette gebruik pasiënte in gevaar stel.