LP’s kan nie ernstig wees nie…

Die Nasionale Vergadering het wankelend begin met vele parlementslede wat die vergadering verlaat het na teetyd, op die heel eerste dag. Bedrywighede moes staak omdat daar nie ‘n kworum was nie. Hulle het bedrywighede Dinsdag hervat na hulle op 25 April in reses gegaan het. Daar is 18 items op die agenda wat bespreek moet word voor 11 Julie, wanneer die parlement weer verdaag. Oudpremier Nahas Angula sê die publiek moet aandag gee aan wat in die parlement gebeur.