LPO nooi beesprodusente na roadshow

Die bestuur van die Lewendehawe Produsente Organisasie besoek vanaf 16 tot 19 September grootvee-areas om saam met sy lede oplossings te vind vir die uitdagings wat dié bedryf tans ondervind. Beesprodusente wat lede is van die organisasie word uitgenooi om die vergaderings by te woon. Die reeks skop af op 16 September in Okahandha by die Reitklub se saal, waar osproduksie bespreek sal word. Op 17 September is speenkalfproduksie op die agenda in Gobabis by die Xain Quaz kamp, en ook op 18 September by die Pondoki Gastehuis in Grootfontein. Die laaste vergadering is op 19 September by die Otavi Boereverenigingsaal, waar osproduksie weer onder die loep kom.