LPM wil Otavi-plaas ‘terugvat’ van Chinese firma-huurder
Volgens plaaslike media is lede van die Wisdom Youth Organisation ongelukkig oor hul afdanking by ‘n plaas wat volgens hulle deur die landbouministerie aan hulle toegestaan is in 2015. Die plaas naby Otavi was bedoel om werksgeleenthede aan die jeug te bied onder toesig van Freddy Haixwa, die organisasie se stigter. Haixwa het egter die plaas aan Beijing Hi-Technology Energy Investment, wat deur Chinese burgers besit word, verhuur op ‘n 30-jaar huurkontrak. Die firma het pluimveekrale en groentetuine gevestig en met die hulp van die jeug kool, tamaties en ander produkte geproduseer. Die Landless People’s Movement sê hulle gaan die plaas Vrydag binneval. Die party sê die grond behoort aan Namibiërs en hulle gaan nie terugsit en kyk hoe grond gesteel word soos in die koloniale era nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die LPM-parlementslid Utaara Mootu, wat die aksie organiseer.