LPM stel ultimatum aan landbou-minister

Die Landless People’s Movement het in ‘n brief aan die landbou-minister, Calle Schlettwein, hul kommer uitgespreek dat voormalige generasionele boere en plaasbewoners wat om Gobabis boer, môre deur die Gobabis-dorpsraad van die grond afgesit gaan word. Die LPM sê hulle weet van verskeie onbewerkte plase in die Omaheke-distrik, veral by Witsand. Die party doen ‘n beroep op die minister om dadelik in te tree om die uitsetting uit te stel sodat daar vir die boere voorsiening gemaak kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met Joyce Muzengua, die LPM se menseregteleier, gepraat.

LPM sê indien hulle nie teen môre ‘n antwoord van die minister kry nie, sal die boere enige onbewerkte grond in die distrik beset en daar boer totdat na hulle omgesien word.