LPM sê Swapo ondermyn hom in Karasburg

Die LPM het uitgevaar teen die minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni oor wat hy beskryf as ‘n Swapo-oorname van sy bedrywighede by die Karasburg-dorpsraad wat hy as LPM beheer. Die herrie het losgebars oor die aanstelling van ‘n waarnemende uitvoerende hoof en ‘n persoonlik assistent by die dorpsraad. Uutoni het toe Karasburg besoek, met ‘n hoë vlak van sekuriteit en blykbaar ook gesê die aanstellings was nie volgens die aanvaarde prosedures nie. Die LPM sê sy beheer by die dorpsraad word ondermyn. Lazarus Kairabeb, die party se hoof van beleid het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.