LPM se Gobabis-grondbesettings word ‘n protesaksie

Die LPM se pogings om grond vir voormalige plaaswerkers en die klein-boere wat rondom Gobabis bedrywig te bekom, duur voort. Daar was aggressiewe kommunikasie tussen die party en die landbouministerie met dreigemente dat grond, veral die plaas Witsand, beset sou word. Nou blyk dit asof ‘n meer tradisionele benadering gevolg word met ‘n protes wat vanoggend gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die munisipaliteit se raad Sylvester Binga, gesels.