LPM moet afkyk by Swapo

Die LPM-party is vir al die verkeerde redes in die nuus. Dit wil voorkom asof daar onmin is tussen die twee leiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb. Kiesers en ondersteuners het volgens kenners ‘n reg om bekommerd te wees, veral omdat die party nie deursigtig is met wat werklik aangaan nie. Die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood, sê die LPM moet afkyk by Swapo.