LPM-leierskap haas om afspraak by NamPower te bekom
Die groter meerderheid van dorpsrade wat skuld het by NamPower en wat gedreig word met beurtkrag vanaf 5 Junie, is in die Suide onder die LPM se beheer. So ook die Karas-streeksraad. Verlede jaar toe NamPower dieselfde maatreëls ingestel het, is die vorige bedeling, dit wil sê Swapo, deur die party blameer vir die skuld. Vanjaar sê die party se woordvoerder Lifalaza Simataa, die leierskap is tans besig om ‘n vergadering met NamPower te reël om die ligte aan te hou.