LPM kap Namibian Sun-redakteur

Die Landless People’s Movement is hoogs ontstoke oor ‘n Facebook plasing op 19 Oktober deur Toivo Ndjebela, die uitvoerende- en hoofredakteur van die Namibian Sun koerant. Ndjebela het afbrekende en aanstootlike kommentaar gelewer oor die party se onderleier, Henny Seibeb, nadat die voormalige politikus, Nico Kaiyamo, ‘n foto op sy persoonlike blad gedeel het. Ndjebela het gesê: “Nico, jy’s die enigste wat nie verander het nie. Byvoorbeeld, Henny is nou vet. Sy maag is so groot dat hy nie sy privaatdele sedert Swapo-dae gesien het nie. OK, baai.” Kosmos 94.1 Nuus het met LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa gepraat, wat die party se bekommernisse deel.

Kosmos 94.1 Nuus het ook uitgereik na Ndjebela, wat gesê het: “Nee, geen kommentaar nie”.