LPM Jeugbevel stel Jeug-bemagtingingsplan bekend

Die leier van die LPM se Jeugbevel, Duminga Ndala, het aangekondig dat hulle hul Jeug-bemagtingingsplan saam met die party se manifes sal bekendstel. Die manifes word vandag bekendgestel. Ndala het gesê die plan sal as ‘n bloudruk dien om jongmense te bemagtig en hul sosio-ekonomiese status te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndala gepraat, wat verduidelik wat die plan behels.