LPM jeugbevel kap Unam oor toelatingsvereistes
Die Universiteit van Namibië het reageer op teenstrydige inligting oor sy toelatingsvereistes en op ‘n perskonferensie gesê ‘n graad 12-skooleindsertifikaat is die basiese vereiste vir toegang tot die universiteit. Studente met slegs graad 11 sal nie toegelaat word nie. Die Landless People’s Movement jeugbevel se leier, Duminga Ndala, het tydens ‘n perskonferensie die stand van sake skerp gekritiseer.